Dis al
Dis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en 'n voël draai bowe in eensame vlug - dis al
Dis 'n balling gekom oor die oseaan, dis 'n graf in die gras, dis 'n vallende traan - dis al